Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 19:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat יהוה, jou God, jou as besitting gee en skuld vir bloedvergieting op jou kom nie,

11. maar as daar ’n man is wat sy naaste haat en hom voorlê en teen hom opstaan en hom slaan sodat hy sterf en hy na een van hierdie stede vlug,

12. dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee sodat hy kan sterf.

13. Jou oog mag hom nie jammer kry nie, maar jy moet hom doodmaak en die skuld van onskuldige bloedvergieting uit Yisra’el verwyder dat dit met jou goed kan gaan.

14. Jy mag nie jou naaste se landsgrense skuif wat deur die voorvaders getrek is, in jou erfenis wat jy sal erf in die land wat יהוה, jou God, jou gee om te besit nie.Mat 18:16; Yog 8:17; 2 Kor 13:1; 1 Tim 5:19; Heb 10:28

15. ’n Enkel getuie mag nie teen iemand opstaan insake enige oortreding of enige sonde wat hy begaan het nie; deur die getuienis van twee of drie getuies sal ’n saak vasgestel word.

16. As ’n kwaadwillige getuie teen iemand opstaan om hom te beskuldig dat hy verkeerd gedoen het,

17. dan moet die twee manne wat die verskil het, gaan staan voor die Teenwoordigheid van יהוה, voor die priesters en die regters wat aangestel is in dié dae.

18. Die regters moet deeglik ondersoek instel en as die getuie ’n valse getuie is en vals teen sy broer getuig het,1 Kor 5:13

19. dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so sal jy die bose uit jou midde uitroei.

20. Die ander sal hoor en bang wees en sal nooit weer so ’n boosheid onder julle doen nie.Eks 21:24; Mat 5:38

21. Jou oog mag nie jammer kry nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.Yir 1:17

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 19