Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 18:13-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Jy moet onberispelik wees voor יהוה, jou God,

14. want hierdie nasies wat jy onteien, het geluister na towenaars en waarsêers, maar wat jou betref, יהוה, jou God, het jou nie toegelaat om dit te doen nie.Yog 6:14; Hand 3:23; Hand 7:37

15. יהוה, jou God, sal ’n profeet soos ek uit jou midde, uit jou broers, vir jou laat opstaan; na hom moet julle luister

16. volgens alles wat jy van יהוה, jou God, by Horev gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: ‘Laat my nie weer die stem van יהוה, my God, hoor nie en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sal ek sterf.’

17. יהוה het vir my gesê: ‘Hulle het goed gepraat.’Yog 5:30

18. Ek sal vir hulle ’n profeet soos jy laat opstaan uit die midde van hulle broers en Ek sal My woorde in sy mond lê en hy sal aan hulle sê alles wat Ek hom beveel.Yog 5:46; Yog 14:24

19. Dit sal wees dat Ek dit self sal eis van die man wat nie luister, hoor en My woorde doen, wat hy in My Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie,

20. maar die profeet wat voorbarig is om ’n woord in My Naam (Karakter en Outoriteit) te praat wat Ek hom nie beveel het om te praat nie, of wat in die naam (karakter en outoriteit) van ander gode praat, dié profeet moet sterf.

21. Jy mag in jou verstand sê: ‘Hoe sal ons die woord ken wat יהוה nie gepraat het nie?’Yeg 33:33 deur voorbarigheid het die profeet dit gesê; jy moenie vir hom bang wees nie.1 Kon 17:24

22. Wanneer ’n profeet in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה praat en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dít die woord wat יהוה nie gesê het nie;

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 18