Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 17:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en dit is aan jou vertel en jy het dit gehoor en jy het behoorlik ondersoek ingestel en let op, dit is waar en staan vas dat hierdie verwerplike ding in Yisra’el gedoen is,

5. dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie bose ding gedoen het, na jou poorte uitbring en daardie man of vrou met klippe stenig totdat hulle sterf.1 Tim 5:19; Heb 10:28

6. Wie ook al die dood verdien sal doodgemaak word op grond van die getuienis van twee of drie getuies; hy mag nie doodgemaak word op grond van die getuienis van een getuie nie.1 Kor 5:13

7. Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die bose uit jou midde uitroei.

8. As ’n saak voorkom wat vir jou te swaar is om oor te oordeel, tussen een soort doodslag of ’n ander, tussen een regs-eis en ’n ander of tussen een aanval en ’n ander, sake van strydpunte in jou poorte, dan moet jy opstaan en gaan na die plek wat יהוה, jou God, sal kies

9. en jy moet kom na die Leviete, die priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees en navraag doen en hulle sal vir jou die uitspraak gee oor die saak.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 17