Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 15:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. As dit gebeur dat hy vir jou sê: ‘Ek wil nie van jou af weggaan nie,’ aangesien hy jou en jou huis liefhet omdat dit vir hom goed was by jou,

17. dan moet jy ’n els neem en dit deur sy oor in die deur steek en hy sal jou slaaf wees vir ewig. Met jou slavin moet jy net so doen.

18. Dit moenie moeilik in jou oë wees om hom vry te laat weggaan nie, want hy het jou ses jaar lank gedien teen dubbel die diens van ’n dagloner en יהוה, jou God, sal jou seën in alles wat jy doen.

19. Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat uit jou beeste en jou kleinvee voortgebring word, moet jy aan יהוה, jou God, afsonder; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste nie of die eersgeborene van jou kleinvee skeer nie.Lev 17:3-7 Deut 12:20-26

20. Jy en jou huis moet dit jaar vir jaar eet, op die plek wat יהוה sal kies, voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God,

21. maar as daar ’n liggaamsgebrek aan is, dit lam of blind is of enige lelike gebrek het, dan moet jy dit nie aan יהוה, jou God, offer nie.

22. Jy moet dit binne jou poorte eet, soos die rooibok (gasel) en die takbok, die onrein en die rein persoon saam.

23. Jy mag net nie die bloed eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 15