Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:7-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Nogtans mag julle nie eet van die wat net herkou of wat net gesplete hoewe het nie: die kameel, die haas en die dassie, want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie; hulle is onrein vir julle;

8. die vark is ook vir julle onrein, want hy het gesplete hoewe, maar herkou nie; hy is onrein vir julle. Julle mag nie hulle vleis eet of hulle karkasse aanraak nie.

9. Hierdie mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet,

10. maar wat ook al nie vinne of skubbe het nie, mag julle nie eet nie; dit is onrein vir julle.

11. Julle mag alle rein voëls eet,

12. maar hierdie mag julle nie eet nie: die arend, die aasvoël, die seevalk,

13. die kuikendief, die valk, die kleinvalk volgens sy soorte,

14. elke kraai volgens sy soorte,

15. die volstruis, die grootuil, die seemeeu, die valk volgens sy soorte,

16. die klein-uil, die steunuil en die nonnetjiesuil,

17. die pelikaan, die klein-aasvoël en die visvanger,

18. die groot-sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.

19. Al die vlieënde swerms is vir julle onrein; hulle mag nie geëet word nie.

20. Julle mag al die rein voëls eet.Lev 11:40 jy mag dit vir die besoeker in jou poorte gee dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n buitelander verkoop, want jy is ’n afgesonderde volk tot יהוה, jou God. Jy mag nie ’n bokkie kook in sy moeder se melk nie.

21. Julle mag niks eet wat self doodgegaan het nie;

22. Jy moet sekerlik ’n tiende gee van al die opbrengs van die saad wat die land jaar vir jaar voortbring.

23. Jy moet voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, op die plek wat Hy sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou nuwe wyn en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee sodat jy kan leer om יהוה, jou God, altyd respekvol te vrees.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14