Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:6-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en al die diere wat gesplete hoewe het, heeltemal in twee gesplete hoewe en wat herkou onder die diere; dié mag julle eet.

7. Nogtans mag julle nie eet van die wat net herkou of wat net gesplete hoewe het nie: die kameel, die haas en die dassie, want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie; hulle is onrein vir julle;

8. die vark is ook vir julle onrein, want hy het gesplete hoewe, maar herkou nie; hy is onrein vir julle. Julle mag nie hulle vleis eet of hulle karkasse aanraak nie.

9. Hierdie mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet,

10. maar wat ook al nie vinne of skubbe het nie, mag julle nie eet nie; dit is onrein vir julle.

11. Julle mag alle rein voëls eet,

12. maar hierdie mag julle nie eet nie: die arend, die aasvoël, die seevalk,

13. die kuikendief, die valk, die kleinvalk volgens sy soorte,

14. elke kraai volgens sy soorte,

15. die volstruis, die grootuil, die seemeeu, die valk volgens sy soorte,

16. die klein-uil, die steunuil en die nonnetjiesuil,

17. die pelikaan, die klein-aasvoël en die visvanger,

18. die groot-sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14