Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 13:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. dan moet jy navraag doen, ondersoek instel en deeglik uitvra en as dit waar is en vasstaan dat hierdie verwerplikheid onder jou gedoen is,

15. dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit alles uit te wis, alles wat daarin is, asook die vee, met die skerpte van die swaard.

16. Al sy buit moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit volledig met vuur verbrand as ’n volledige brandoffer voor יהוה, jou God. Dit sal vir ewig ’n puinhoop wees, dit mag nooit weer opgebou word nie.

17. Geen van die vervloekte goedere sal aan jou hand vassit nie sodat יהוה Hom van Sy brandende woede kan wegdraai en aan jou onverdiende guns bewys, vir jou omgee en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het,

18. as jy luister na die stem van יהוה, jou God, al Sy opdragte uitvoer wat ek jou vandag beveel en doen wat reg is in die oë van יהוה, jou God.Lev 19:27,28

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 13