Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 11:23-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. dan sal יהוה al hierdie nasies voor julle uit verdryf en julle sal nasies, wat groter en magtiger is as julleself, onteien.

24. Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; vanaf die wildernis tot by L’vanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.

25. Geen man sal teen julle kan standhou nie; יהוה, julle God, sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land, waarop julle sal loop, laat kom soos Hy julle beloof het.

26. Let op, ek hou julle vandag ’n seën en ’n vloek voor:

27. die seën as julle luister na en die opdragte van יהוה, julle God, wat ek julle vandag beveel, uitvoer

28. en die vloek as julle nie luister na die opdragte van יהוה, julle God en dit nie doen nie, maar wegdraai van die pad wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

29. Dit sal gebeur, wanneer יהוה, jou God, jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit te besit dat jy die seën op die berg G’rizim moet lê en die vloek op die berg `Eival.

30. Lê hulle nie oorkant die Yarden, aan die westekant, by die sonsondergang, in die land van die Kena’aniete wat in die Vlakte (Aravah) woon, teenoor Gilgal, naby die eike van Moreh nie?

31. Julle is op die punt om oor die Yarden te trek om die land wat יהוה, julle God, aan julle gee in besit te gaan neem en julle sal dit besit en daarin woon.2 Kro 7:14

32. Julle moet versigtig wees om al die reëls en die wette wat ek julle vandag gee, na te kom.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 11