Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 11:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. daarom moet jy יהוה, jou God, liefhê en altyd Sy bevele, Sy reëls, Sy wette en Sy opdragte uitvoer.

2. Weet vandag dat ek nie met julle seuns praat wat nie die dissipline van יהוה, julle God, geken en gesien het nie: Sy grootheid, Sy kragtige hand, Sy uitgestrekte arm,

3. Sy tekens en Sy dade wat Hy in Mitzrayim gedoen het aan Farao, die koning van Mitzrayim en aan sy hele land;

4. wat Hy gedoen het aan die leër van Mitzrayim, aan sy perde en aan sy strydwaens; hoe Hy die water van die Sufsee oor hulle laat stroom het terwyl hulle julle agtervolg het en יהוה hulle heeltemal vernietig het;

5. wat Hy vir julle in die wildernis gedoen het om te kom tot op hierdie plek;

6. wat Hy aan Datan en Aviram, die seuns van Eli’av, die seun van Re’uven, gedoen het: hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne, hul tente en alles aan hulle voete, tussen die hele Yisra’el uit, ingesluk het,

7. maar julle eie oë het al die groot werke wat יהוה gedoen het, gesien;

8. daarom moet julle elke opdrag hou wat ek jul vandag beveel sodat julle sterk kan wees en ingaan en die land in besit neem waarheen julle oortrek, om dit in besit te neem

9. sodat julle jul dae kan verleng in die land wat יהוה aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, ’n land wat vloei met melk en heuning,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 11