Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 1:21-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Let op, יהוה, jou God, het die land voor jou geplaas; gaan op en neem dit in besit soos יהוה, die God van jou vaders, vir jou gesê het; moenie bang en ontmoedig wees nie.’

22. Almal van julle het na my toe gekom en gesê: ‘Laat ons manne voor ons uitstuur sodat hulle vir ons die land kan verken en aan ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek en van die stede waarin ons sal kom.’

23. Die saak was goed in my oë sodat ek twaalf man vanuit julle, een man uit elke stam, gevat het.

24. Hulle het weggedraai en opgegaan in die bergland, tot by die vallei van Eshkol en dit verken.

25. Hulle het van die vrugte van die land in hulle hand geneem en dit na ons toe afgebring en aan ons verslag gedoen en gesê: ‘Die land wat יהוה, ons God, aan ons gee, is goed.’

26. Nogtans wou julle nie optrek nie, maar julle het teen die opdrag van יהוה, julle God, gerebelleer

27. en in julle tente gemurmureer en gesê: ‘Omdat יהוה ons haat, het Hy ons uit Mitzrayim uitgelei om ons in die hand van die Emoriete oor te gee, om ons te vernietig.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 1