Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 2:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle het weer geantwoord en gesê: “Laat die koning die droom vir sy diensknegte vertel en ons sal die betekenis gee.”

8. Die koning het geantwoord en gesê: “Verseker weet ek dat wat julle wil hê, is tyd omdat julle sien dat my woord vasstaan,

9. want as julle nie aan my die droom bekend maak nie, is daar maar een vonnis vir julle, want julle het leuens en valshede voorberei om voor my te praat om tyd te wen; daarom, vertel vir my die droom sodat ek kan weet dat julle vir my sy betekenis kan gee.”

10. Die Kasdeërs het voor die koning geantwoord en gesê: “Daar is nie ’n mens op aarde wat kan openbaar wat die koning vra nie en ook het geen groot koning of heerser ooit so iets van enige voorspeller, sterrekundige of Kasdeërs gevra nie,

11. want dit wat die koning vra, is baie moeilik en daar is niemand anders wat dit voor die koning kon wys behalwe die gode, wie se woning nie by die mens is wat in vlees gebore is nie.”

12. Toe was die koning uitermate woedend en hy het woedend beveel dat al die wyse manne van Bavel vernietig moet word.

13. Die bevel het uitgegaan dat die wyse manne doodgemaak moet word en die wagte het vir Dani’el en sy metgeselle gesoek om hulle dood te maak.

14. Toe het Dani’el daaroor nagedink en raad verkry en toe vir Aryokh, die bevelvoerder van die koninklike lyfwag wat uitgegaan het om die wyse manne van Bavel dood te maak, gesê:

15. “Hoekom is die bevel van die koning so ernstig?” Toe het Aryokh aan Dani’el die saak bekend gemaak.

16. Toe het Dani’el van die koning gevra om vir hom tyd te gee en belowe om vir hom die betekenis te gee.

17. Dani’el het toe na sy huis toe gegaan dit bekend gemaak aan Hananyah, Misha’el en `Azaryah, sy metgeselle

18. dat hulle onverdiende guns kon vra vanaf die God van die hemel aangaande hierdie geheim sodat Dani’el en sy metgeselle nie doodgemaak sou word saam met die res van die wyse manne van Bavel nie.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 2