hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardie tyd sal Mikha’el, die groot engel wat bevel het oor jou volk, opstaan en daar sal ’n tyd van moeilikheid wees soos nog nooit sedert die begin van die wêreld nieOpen 20:13

2. Baie van dié wat in die stof van die aarde slaap, sal wakker word, sommige tot die ewige lewe en sommige tot vernedering en ewige verwerping.

3. Hulle wat goed gedoen het en die manne van insig sal skyn soos die glans van die uitspansel en die wat weggedraai het na onpartydige opregtheid sal skyn en wees soos die sterre vir ewig en ewig,

4. maar jy, o Dani’el, seël hierdie woorde en wees stil en seël hierdie boek selfs tot die tyd van die einde toe; baie sal die einde wil ken en kennis sal vermeerder word.”

5. Toe het ek, Dani’el, gekyk en let op, twee ander engele het, een aan hierdie kant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier gestaan

6. en hulle sê aan die man, aangetrek met linne klere, wat bo die waters van die rivier gestaan het: “Hoe lank sal dit wees voor die einde van hierdie dinge?”

7. Ek het die man wat met duur klere aangetrek is, wat bo die waters van die rivier staan, gehoor. Hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel toe opgesteek en gesweer by Hom wat vir ewig lewe dat dit vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd sal wees en wanneer ’n afgesonderde volk bevry is, sal al hierdie dinge vervul word.

8. Ek, Dani’el het dit gehoor, maar nie verstaan nie; toe het ek gesê: “My Meester, wat sal na hierdie dinge gebeur?”Open 22:10

9. Hy het gesê: “Gaan op jou pad, Dani’el, want die woorde is verseël tot die tyd van die einde toe.Open 22:11,14,15

10. Baie sal gekies word en wit gemaak en getoets word, maar die sondaars sal voortgaan om te sondig en geeneen van die bose mense sal verstaan nie, maar hulle wat goeie werke gedoen het, sal verstaan.

11. Vanaf die tyd dat die daaglikse offer afgeskaf en die verwerplike afgode opgerig word, sal een duisend twee honderd en negentig dae verloop.

12. Geseënd is hy wat ernstig wag tot die een duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik word.

13. Wat jou betref, Dani’el, gaan weg en rus tot die einde; dan sal jy opstaan op jou vasgestelde tyd aan die einde van die dae.