Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 11:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die eerste jaar van Daryavesh, die Meder, het die engel opgestaan om my aan te moedig en te versterk

2. en hy het gesê: “Nou sal ek vir jou die waarheid wys. Let op, daar sal nog drie konings opstaan in Perse en die vierde sal baie ryker wees as almal van hulle en wanneer hy sterk geword het in sy eie koninkryk, sal hy al die koninkryke van Griekeland opwek.

3. ’n Magtige koning sal opstaan en heers met groot gesag en maak net soos hy wil.

4. Wanneer hy opgestaan het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verstrooi word, maar dit sal nie na sy oorspronklike grense uitstrek of volgens die gesag waarmee hy regeer het nie, want sy koninkryk sal ontwortel word en daar sal geen koninkryk wees, behalwe die verdelings van sy koninkryk nie.

5. Die koning van die suide en sy prinse sal onveranderlik sterk wees en die mense sal hom volg en hy sal heers oor ’n groot heerskappy

6. en ná ’n paar jaar sal hulle tot ’n ooreenkoms kom en die dogter van die koning van die suide sal na die koning van die noorde kom om vrede tussen hulle te sluit, maar sy sal nie in staat wees om haar doel te bereik nie weens vrees en sy sal oorgee, saam met hulle wat haar gebring het, haar diensmaagde en haar bondgenote van daardie tyd.

7. ’n Erfgenaam van haar geslag sal oor sy land opstaan en met ’n leërmag en mag teen die koning van die noorde kom en teen hom optree en oorwin.

8. Hy sal ook hulle afgode met hulle kosbare voorwerpe van silwer en goud gevange na Mitzrayim wegdra en hy sal een of twee keer teen die koning van die noorde opstaan;

9. dan sal die koning van die suide die versterkte stede van die koning van die noorde binnedring, maar hy sal na sy eie land terugkeer.

10. Sy seuns, (van die noorde), sal egter opgewek word en ’n menigte groot leërs versamel en hom aanval en stroom deur die land en sal terugkeer al vernietigend tot by sy versterkings.

11. Die koning van die suide sal woedend wees en uitkom om te veg teen die koning van die noorde en die koning van die noorde sal ’n groot leër op die been bring, maar hierdie leër sal in die hand van sy vyand gegee word

Lees volledige hoofstuk Dani'el 11