Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 10:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. daarom is ek alleen gelaat en het hierdie groot visioen gesien en daar het geen krag in my oorgebly nie en my binneste het gebewe en daar was geen krag in my nie

9. en toe ek die klank van sy woorde gehoor het, het ek op my gesig op die grond geval.

10. Let op, ’n hand het my aangeraak en my op my knieë en handpalms laat staan

11. en hy het vir my gesê: “Dani’el, geliefde man, verstaan die woorde wat ek met jou praat en staan regop, want ek is nou na jou gestuur.” Toe hy hierdie woorde met my gepraat het, het ek bewende opgestaan.

12. Toe sê hy vir my: “Moenie bang wees nie, Dani’el, want van die eerste dag af dat jy jou verstand, wil en emosie daarop gesit het om te verstaan sodat jy in die Teenwoordigheid van jou God kan staan, is jou woorde gehoor en ek het gekom in antwoord op jou woorde.

13. Die heerser van die koninkryk van Perse het my een en twintig dae lank teëgestaan, maar let op, Mikha’el, een van die leier prinse, het gekom om my te help en ek het daar aangebly teen die heerser van Perse.

14. Nou het ek gekom om jou in te lig oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want steeds is die visioen vir die einde van die vasgestelde dae.”

Lees volledige hoofstuk Dani'el 10