Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 10:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Let op, een wat soos ’n mens gelyk het, het my lippe aangeraak en ek het my mond oopgemaak en gepraat en aan hom wat voor my staan, gesê: “My meester, met die visioen het my binneste gebewe en ek was nie in staat om op te staan nie,

17. want hoe kan die dienskneg van my meester met my meester praat? Let op, daar is geen krag in my nie en ook geen asem oor in my nie.”

18. Toe het die een wat soos ’n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk

19. en gesê: “Moenie bang wees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees dapper, wees onveranderlik sterk!” Toe hy met my gepraat het, was ek versterk en het gesê: “My meester kan maar praat, want ek is versterk.”

20. Toe sê hy vir my: “Weet jy waarom ek na jou toe gekom het? Nou moet ek teruggaan om te veg met die prins van Perse en as ek weggegaan het, let op, die heerser van Griekeland kom,

21. maar ek sal jou wys wat opgeteken is in die boekrol van waarheid en daar is niemand om my te help in hierdie dinge nie, behalwe julle prins, Mikha’el.”

Lees volledige hoofstuk Dani'el 10