Ou Testament

Nuwe Testament

Dani'el 1:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die derde jaar van die regering van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, het N’vukhadnetzar, koning van Bavel, na Yerushalayim gekom en dit beleër.

2. יהוה het dit, saam met Y’hoyakim, koning van Y’hudah, in sy hand gegee, saam met die voorwerpe van die huis van יהוה, wat hy weggedra het na die land van Shin’ar en gebring het na die huis van sy afgod en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy afgod gebring.

3. Die koning het met Ashp’naz, hoof van die lyfknegte, gepraat en gesê hy moet sommige van die seuns van Yisra’el, uit die koninklike families, sowel as uit die edeles, bring:2 Kon 20:18

4. seuns met geen gebrek nie, wat aantreklik was in voorkoms, vernuftig in wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, hulle wat bekwaam is om in die paleis van die koning te staan en hom te dien en vir wie hulle die opvoeding en die taal van die Kasdeërs kan leer.

5. Die koning het vir hulle ’n daaglikse porsie uit die kos van die koning en van die wyn wat hy gedrink het bestem, om hulle vir drie jaar te voed sodat hulle daarna voor die koning kan dien.

6. Tussen hulle was vanuit die seuns van Y’hudah: Dani’el, Hananyah, Misha’el en `Azaryah.

Lees volledige hoofstuk Dani'el 1