Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 9:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. “Is julle nie vir My soos die seuns van Kush nie, o seuns van Yisra’el?” verklaar יהוה. “Het Ek Yisra’el nie gebring uit die land van Mitzrayim en die F’lishtyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?

8. Let op, die oë van יהוה-God is op die sondige koninkryk en Ek sal dit van die oppervlak van die aarde af vernietig; nogtans sal Ek nie die huis van Ya’akov volkome vernietig nie,” verklaar יהוה,Luk 22:31

9. “want let op, Ek beveel en Ek sal die huis van Yisra’el onder al die nasies skud soos in ’n sif geskud word, maar daar sal nie ’n korrel op die grond val nie.

10. Al die sondaars van My volk sal deur die swaard sterf; die wat sê: ‘Die katastrofe sal ons nie inhaal of konfronteer nie.Hand 15:16

11. In daardie dag sal Ek die vervalle hut van Dawid oplig en sy krake toebou; Ek sal ook sy puinhope oplig en dit herbou soos in die ou tyd

12. dat hulle dit wat van Edom oorgebly het en al die nasies wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) geroep is, kan besit” verklaar יהוה, wat dit doen.

13. “Let op, die dae kom,” verklaar יהוה, “wanneer die ploeër die maaier sal inhaal en die druiwetrapper die een wat die saad saai; wanneer die berge van nuwe wyn sal drup en al die heuwels hulle verbly.

14. Ek sal ook My volk Yisra’el uit gevangeskap herstel en hulle sal die verwoeste stede herbou en daarin bly; hulle sal ook wingerde plant en die wyn daarvan drink en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

15. Ek sal hulle ook plant op hul land en hulle sal nie weer ontwortel word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie,” sê יהוה, jou God.

Lees volledige hoofstuk `Amos 9