Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 8:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Hy het gesê: “Wat sien jy, `Amos?” Ek het geantwoord: “’n Mandjie somervrugte.” Toe sê יהוה vir my: “Die einde het vir My volk Yisra’el gekom. Ek sal hulle nie langer spaar nie.

3. Die liedere van die paleis sal in daardie dag verander tot ’n weeklaag,” verklaar יהוה-God. “Die lyke sal baie wees; hulle sal hulle in stilte op elke plek gooi.”

4. Luister en gee ag hierop, julle wat die behoeftige vertrap om weg te doen met die nederiges van die landLev 19:11

5. en sê: “Wanneer is die Nuwemaan verby sodat ons koring mag verkoop en die Shabbat sodat ons die graanskuur kan oopmaak, om die efa kleiner en die sikkel groter te maak en te bedrieg met oneerlike skale;

6. dat ons aan die armes vir silwer kan verkoop en die behoeftige betaal met die afval van die koring en die afval wat op die vloer van die stoorkamer oorbly, verkoop?”

7. יהוה het gesweer by die trots van Ya’akov: “Inderdaad, Ek sal nooit enige van hulle dade vergeet nie.

8. Sal die aarde nie hieroor skud en elkeen wat daarin bly, nie treur nie? Inderdaad, dit sal alles oprys soos die Nyl en dit sal rondgegooi word en wegsak soos die Nyl van Mitzrayim.Luk 23:44

9. Dit sal gebeur in daardie dag,” verklaar יהוה-God, “dat Ek die son twaalf uur die middag (die sesde uur) sal laat ondergaan en die aarde donker maak helder oordag,

Lees volledige hoofstuk `Amos 8