Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 8:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dít het יהוה-God vir my gewys en let op: ’n mandjie met somervrugte.

2. Hy het gesê: “Wat sien jy, `Amos?” Ek het geantwoord: “’n Mandjie somervrugte.” Toe sê יהוה vir my: “Die einde het vir My volk Yisra’el gekom. Ek sal hulle nie langer spaar nie.

3. Die liedere van die paleis sal in daardie dag verander tot ’n weeklaag,” verklaar יהוה-God. “Die lyke sal baie wees; hulle sal hulle in stilte op elke plek gooi.”

4. Luister en gee ag hierop, julle wat die behoeftige vertrap om weg te doen met die nederiges van die landLev 19:11

5. en sê: “Wanneer is die Nuwemaan verby sodat ons koring mag verkoop en die Shabbat sodat ons die graanskuur kan oopmaak, om die efa kleiner en die sikkel groter te maak en te bedrieg met oneerlike skale;

Lees volledige hoofstuk `Amos 8