Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het יהוה-God my laat sien en let op, Hy het ’n sprinkaanswerm gevorm toe die lente-oes begin uitspruit en let op, die lente-oes was nadat die koning gemaai het.

2. Dit het gebeur, toe hulle klaar was om die gewasse van die land te eet, dat ek gesê het: “יהוה-God, spreek vry asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”

3. יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal nie gebeur nie,” het יהוה gesê.

4. Dit het יהוה-God my laat sien en let op, יהוה-God het geroep om met hulle in stryd te gaan deur vuur en dit het die groot ondergrondwater verteer en het begin om die landerye te verteer.

5. Toe het ek gesê: “יהוה-God, hou op asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”

6. יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal ook nie gebeur nie,” het יהוה-God gesê.

Lees volledige hoofstuk `Amos 7