Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 5:7-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. vir hulle wat regverdige oordeel in wilde-als verander en onpartydige opregtheid teen die grond gooi!”

8. Hy wat die Sewester en Orion gemaak het en die diep duisternis na oggend verander, wat ook die dag verdonker na nag, wat uitroep na die waters van die see en dit uitgooi oor die oppervlakte van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!

9. Dit is Hy wat die swakke laat heers oor die sterke en die nederige oplig bo die trotse!

10. Hulle haat hom wat in die poort bestraf en hulle verafsku hom wat met integriteit praat;

11. daarom, omdat julle ’n swaar rente op die arme lê en van hulle ’n heffing van graan vat, het julle huise van goed gekapte klippe gebou, tog sal julle nie daarin woon nie; julle het aangename wingerde geplant, tog sal julle die wyn daarvan nie drink nie,

12. want Ek weet dat julle oortredings baie is en julle sondes groot, julle wat die onpartydige en opregte benoud maak, omkoopgeld aanvaar en die armes in die poort wegstoot;

13. daarom bly die versigtige stil tydens so ’n tyd, want dit is ’n bose tyd.

14. Soek wat goed is en nie wat boos is nie sodat julle kan lewe en mag יהוה, die God van die leërmagte, só by julle wees, net soos julle gesê het.Rom 16:19; 1 Kor 14:20 en vestig regverdige oordeel in die poort! Miskien sal יהוה, die God van die leërmagte, onverdiende guns bewys oor die wat oorbly van Yosef;

15. Haat boosheid, wees lief vir wat goed is

16. daarom, so sê יהוה, die God van die leërmagte: “Op al die pleine is daar ’n geweeklag en op al die strate sê hulle: ‘Ag tog, ag tog!’ Hulle roep ook die boer tot rou en die beroepsklaers tot treurliedere.

17. Daar is ook ’n geweeklaag in al die wingerde omdat Ek in jou midde sal deurgaan,” sê יהוה.1 Thes 5:2

18. Ag tog, julle wat na die dag van יהוה verlang, want watter doel sal die dag van יהוה vir julle hê? Dit sal duisternis wees en nie lig nie;

19. soos wanneer ’n man vlug vir ’n leeu en ’n beer loop hom raak; of huis toe gaan, teen die muur leun met sy hand en ’n slang byt hom!

20. Sal die dag van יהוה nie duisternis wees in plaas van lig nie, selfs donkerte sonder helderheid daarin?

21. “Ek haat, Ek verwerp julle feeste en het ook geen vreugde in julle ernstige byeenkomste nie.

22. Selfs al offer julle vir My brandoffers en julle graanoffers, Ek sal hulle nie aanvaar nie en Ek sal nie eers kyk na die vredesoffer van julle vetgemaakte diere nie.

23. Verwyder van My die geraas van jou liedere; Ek sal nie eens luister na die klank van jou harpe nie,

24. maar laat die regverdige oordeel afrol soos water en onpartydige opregtheid soos ’n ewig vloeiende stroom.

Lees volledige hoofstuk `Amos 5