hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Luister en gee ag op hierdie boodskap, koeie van Bashan, wat op die berg van Shomron is, wat die armes onderdruk, die behoeftiges vergruis, wat vir hulle mans sê: “Bring nou sodat ons kan drink!”

2. יהוה-God het gesweer by Sy Afgesonderdheid: “Let op, die dae kom oor julle dat hulle julle met vleishake sal wegvat en die laastes van julle met vishoeke.

3. Elke vrou sal deur gapings in die muur uitgaan, elkeen reg voor haar en hulle sal na die berg van Armenië gegooi word,” verklaar יהוה-God.

4. “Gaan Beit-El binne en oortree; in Gilgal vermenigvuldig oortredinge! Bring elke oggend julle offers, julle tiendes elke drie dae.

5. Offer ook van wat gesuurd is ’n dankoffer en roep vrywillige offers uit, maak dit bekend, want julle hou daarvan om dit te doen, seuns van Yisra’el!” verklaar יהוהGod.

6. “Ék het julle egter reinheid van tande (tekort aan kos) gegee in al julle stede en gebrek aan brood in al julle plekke, nogtans het julle nie na My toe teruggedraai nie,” verklaar יהוה.

7. Verder het Ék die reën van julle af teruggehou toe daar nog drie maande oor was na oestyd. Toe sou Ek reën stuur oor een stad en op ’n ander stad geen reën nie; dit sal op een deel reën kry terwyl die deel waarop nie reën val nie, sal verdroog.

8. So het twee of drie stede by een stad bymekaargekom om water te drink, maar hulle het nie genoeg gekry nie; nogtans het julle nie na My toe teruggedraai nie,” verklaar יהוה.

9. “Ek het julle geslaan met skroeiende wind en muf en die ruspe het julle baie tuine, wingerde, vyebome en olyfbome verslind; nogtans het julle nie teruggekeer na My toe nie,” verklaar יהוה.

10. “Ek het ’n plaag onder julle gestuur, op die manier van Mitzrayim; Ek het julle jongmanne met die swaard neergeslaan saam met julle gevangde perde en Ek het die stank van julle kamp laat opstyg in julle neusgate; nogtans het julle nie na My toe teruggedraai nie,” verklaar יהוה.

11. “Ek het julle omgegooi soos Ek S’dom en `Amora omgegooi het en julle was soos ’n stuk brandhout wat uit ’n vuur geruk is; nogtans het julle nie na My toe teruggedraai nie,” verklaar יהוה.

12. “Ek sal daarom só met jou maak, o Yisra’el omdat Ek só met jou sal doen, maak gereed om jou God te ontmoet, o Yisra’el,”

13. want let op, Hy wat berge vorm, die wind skep en aan die mens Sy gedagte bekend- maak, Hy wat die sonsopkoms in duisternis maak en op die hoë plekke van die aarde loop, יהוה, God van die leërmagte, is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!