Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 3:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Gee ag op hierdie boodskap wat יהוה teen julle gepraat het, seuns van Yisra’el; teen die hele familie wat Hy uit die land van Mitzrayim gebring het:

2. “Julle alleen het Ek uit al die families van die aarde gekies; dáárom sal Ek julle straf vir al julle onregverdighede.

3. Loop twee manne saam as hulle nie ’n afspraak gemaak het nie?

4. Brul ’n leeu in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu grom uit sy lêplek as hy nie iets gevang het nie?

5. Sal ’n voël in ’n net op die grond val as daar geen aas in is nie? Sal ’n wip van die grond af opspring wanneer dit niks gevang het nie?

6. As ’n ramshoring in die stad geblaas word, sal die mense nie bewe nie? As ’n katastrofe in die stad gebeur, het יהוה dit nie gedoen nie?”

7. Sekerlik doen יהוה-God niks tensy Hy Sy geheime raadsbesluit aan Sy diensknegte, die profete, openbaar het nie.

Lees volledige hoofstuk `Amos 3