hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Mo’av, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.

2. Ek sal vuur op Mo’av stuur en dit sal die kastele van K’riot verteer en Mo’av sal te midde van opskudding sterf, met oorlogsuitroepe en die klank van die ramshoring.

3. Ek sal die regter uit haar midde uitsny en al haar prinse saam met haar neerslaan,” sê יהוה.

4. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Y’hudah, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle die wet van יהוה verwerp het en nie Sy instellings onderhou het nie; hulle leuens het hulle ook verlei, dié waar agter hulle vaders aangeloop het.

5. Ek sal vuur op Y’hudah stuur en dit sal die kastele van Yerushalayim verteer.”

6. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Yisra’el, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle die onpartydige en opregte vir silwer verkoop het en die behoeftige vir ’n paar sandale;Lev 18

7. hulle wat smag na die stof van die aarde op die kop van die hulpelose en ook die pad van die nederiges wegdraai en ’n man en sy vader wat na die selfde jongmeisie gaan om My afgesonderde Naam te onteer.

8. Hulle strek hulleself uit in vuil klere langs elke altaar en drink ou wyn in die huis van hulle god.

9. Tog was dit Ek wat die Emoriete voor hulle uit vernietig het, alhoewel sy hoogte soos die hoogte van seders was en hy so sterk soos die eikebome was; Ek het selfs sy vrug bo en sy wortels onder vernietig.

10. Dit was Ek wat julle uit die land van Mitzrayim gebring en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei het dat julle die land van die Emoriete in besit kan neem.

11. Toe het Ek sommige van julle seuns as profete opgelig en sommige van julle jongmanne as Natzireërs. Is dit nie so nie, o seuns van Yisra’el?” verklaar יהוה.2 Kro 21:11

12. “Julle het egter die Natzireërs wyn laat drink en die profete beveel en gesê: ‘Julle mag nie profeteer nie!’

13. Let op, Ek word onder julle afgedruk soos ’n wa afgedruk word wanneer dit volgemaak word met gerwe.

14. Ontvlugting sal vergaan vir die vinniges en die staatmaker sal nie sy krag versterk of die magtige manne sy lewe red nie.

15. Hy wat die boog vasvat sal nie staan, die vlugvoetige nie ontsnap, of hy wat ’n perd ry sy lewe red nie.

16. Selfs die dapperste onder die soldate sal op dié dag kaal wegvlug,” verklaar יהוה.