Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 1:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Dammesek, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle Gil’ad met skerp ysters gedors het.

4. Ek sal ’n vuur oor die huis van Haza’el stuur en dit sal die kastele van Ben-Hadad verteer.Yir 49:23-27 ballingskap gaan na Kir,” sê יהוה.

5. Ek sal ook die grendel van Dammesek breek en die inwoners uit die vallei van Aven en vir hom wat die septer dra uit Beit-`Eden afsny; so sal die volk van Aram in

6. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van `Azah, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle ’n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om hulle aan Edom uit te lewer.

7. Ek sal ’n vuur stuur op die muur van `Azah en dit sal sy kastele verteer.

8. Ek sal ook die inwoners van Ashdod afsny en vir hom van Ashkelon wat die septer dra; Ek sal selfs My krag teen `Ekron vrystel en dié wat oorgebly het van die F’lishtyne sal omkom,” sê יהוה-God.

9. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Tzor, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle ’n ganse bevolking aan Edom oorgegee het en nie die verbond van broederskap onthou het nie.

10. Ek sal ’n vuur stuur op die muur van Tzor en dit sal sy kastele verteer.”

11. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Edom, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het terwyl hy sy liefdevolle omgee gesmoor het; sy woede het ook voortdurend verskeur en hy het sy toorn ewiglik behou.

12. Ek sal vuur stuur op Teman en dit sal die kastele van Botzrah verteer.”

13. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van die seuns van `Ammon, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle die swanger vroue van Gil’ad oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.

14. Ek sal ’n vuur aansteek op die muur van Rabbah en dit sal sy kastele verteer te midde van gevegskrete op die dag van die geveg en ’n storm op die dag van die orkaan.

Lees volledige hoofstuk `Amos 1