Ou Testament

Nuwe Testament

`Amos 1:11-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van Edom, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het terwyl hy sy liefdevolle omgee gesmoor het; sy woede het ook voortdurend verskeur en hy het sy toorn ewiglik behou.

12. Ek sal vuur stuur op Teman en dit sal die kastele van Botzrah verteer.”

13. So sê יהוה: “Oor drie oortredinge van die seuns van `Ammon, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie omdat hulle die swanger vroue van Gil’ad oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.

14. Ek sal ’n vuur aansteek op die muur van Rabbah en dit sal sy kastele verteer te midde van gevegskrete op die dag van die geveg en ’n storm op die dag van die orkaan.

15. Hulle koning sal in ballingskap gaan, hy, saam met sy prinse,” sê יהוה.

Lees volledige hoofstuk `Amos 1