Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 8:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Dawid het naam gemaak toe hy, na die slagting van die agtien duisend Arameërs in die Vallei van Sout, terugkeer.Yir 49:7

14. Dawid het garnisoene in Edom gesit; in die hele Edom het hy garnisoene gesit en al die Edomiete het Dawid se diensknegte geword en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het.

15. Dawid het oor die hele Yisra’el regeer en Dawid het regverdige oordeel en onpartydige opregtheid aan die hele volk bedien.

16. Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was oor die leër en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was griffier.

17. Tzadok, die seun van Agituv en Avimelekh, die seun van Evyatar, was priesters en S’rayah was skrywer.

18. B’nayahu, die seun van Y’hoyada, was oor die persoonlike wagte en die boodskappers. Die seuns van Dawid was hoofministers.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 8