Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 8:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierna het Dawid die F’lishtyne verslaan en hulle onderwerp en Dawid het beheer oor die hoofstad gevat vanuit die hand van die F’lishtyne.Deut 2:9; Yes 15:5

2. Hy het vir Mo’av verslaan en hulle gemeet met ’n lyn deur hulle op die grond te laat lê. Hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe en die Mo’aviete het Dawid se diensknegte geword, wat belasting betaal.

3. Toe het Dawid vir Hadad’ezer, die seun van Regov, die koning van Tzovah, verslaan, op sy pad om sy mag tot by die Eufraat te herstel.

4. Dawid het een duisend sewe honderd perderuiters en twintig duisend voetsoldate van hom gevange geneem en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar genoeg daarvan laat oorbly vir ’n honderd strydwaens.

5. Toe die Arameërs van Dammesek gekom het om Hadad’ezer, die koning van Tzovah, te help, het Dawid twee en twintig duisend Arameërs doodgemaak.

6. Toe het Dawid garnisoene tussen die Arameërs van Dammesek gesit en die Arameërs het diensknegte van Dawid geword, wat belasting betaal en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het.

7. Dawid het die goue skilde gevat wat die diensknegte van Hadad’ezer gedra het en dit na Yerushalayim gebring.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 8