Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 7:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. As jou dae voltooi is en jy by jou vaders neergelê word, sal Ek jou nageslag na jou oplig, wat uit jou liggaam sal voortkom en Ek sal sy koningskap bevestig.Hand 2:30

13. Hy sal vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou en Ek sal die troon van sy koninkryk bevestig tot in ewigheid.2 Kor 6:18 wanneer hy ’n oortreding begaan, sal Ek hom straf met ’n roede van mense en met slae van ’n seun van ’n mens,

14. Ek sal vir hom ’n Vader wees en hy sal vir My ’n seun wees;

15. maar My liefdevolle goedheid sal nie van hom af weggaan soos wat Ek dit van Sha’ul, wie Ek voor jou verwyder het, af weggevat het nie.

16. Jou huis en jou koningskap sal voor My voortbestaan vir ewig; jou troon sal vasgestel word vir ewig.’”

17. Volgens hierdie hele boodskap en hierdie hele visioen, so het Natan met Dawid gepraat.

18. Toe het Dawid, die koning, ingegaan en voor יהוה gesit en gesê: “Wie is ek en wat is my huis, יהוה-God, dat U my tot hiertoe gebring het?

19. Tog was dit gering in U oë, יהוה-God, want U het ook aangaande die huis van U kneg in die verre toekoms gepraat. Hierdie is die gewoonte van mense, יהוה-God!

20. Weer, wat meer kan Dawid vir U sê? Want U het ’n verbondsverhouding met U dienskneg, יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 7