Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 5:20-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Dawid het by Ba’al-P’ratzim gekom en hulle daar verslaan en gesê: “יהוה het voor my deur my vyande gebreek soos water deurbreek.” Hy het daarom dié plek Ba’alP’ratzim genoem.

21. Hulle het hul afgode daar agtergelaat en Dawid en sy manne het dit weggedra.

22. Die F’lishtyne het weer opgekom en hulleself uitgesprei oor die vallei van Refa’im.

23. Toe Dawid יהוה geraadpleeg het, het Hy gesê: “Jy moenie direk opgaan nie; gaan agter hulle om en val hulle aan voor die balsembome.

24. Dit sal wees dat wanneer jy die klank van ’n opmars in die toppe van die balsembome hoor, jy gou moet maak, want dan het יהוה voor jou uitgetrek om die leër van die F’lishtyne te verslaan.”

25. Dawid het gedoen net soos יהוה hom beveel het en hy het die F’lishtyne neergeslaan vanaf Geva tot by Gezer.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 5