Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 20:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Ek is een van die vredeliewendes en getroues in Yisra’el. U is daarop uit om ’n stad te vernietig, selfs ’n moeder in Yisra’el. Waarom wil u die erfenis van יהוה verteer?”

20. Yo’av antwoord: “Dit is ver, ver van my dat ek sou verslind of vernietig!

21. Die saak is nie so nie, maar ’n man van die bergland van Efrayim, Sh’va, die seun van Bikhri, het sy hand opgelig teen koning Dawid. Lewer hom slegs uit, dan sal ek van die stad af wegtrek.” Die vrou sê vir Yo’av: “Let op, sy kop sal oor die muur na u toe gegooi word.”

22. Toe het die vrou in wysheid na die hele volk gekom en hulle het die kop van Sh’va, die seun van Bikhri, afgekap en dit na Yo’av gegooi. Toe het hy die ramshoring geblaas en hulle het uitmekaar gespat, weg van die stad af, elkeen na sy tent. Yo’av het ook na Yerushalayim, na die koning toe teruggegaan.

23. Yo’av was oor die hele leër van Yisra’el en B’nayah, die seun van Y’hoyada, oor die persoonlike wagte en oor die boodskappers

24. en Adoram was oor die dwangarbeid en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was die griffier.

25. Sh’va was skrywer en Tzadok en Avyatar priesters

26. en `Ira, die Ya’iriet, was ’n bedienaar by Dawid.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 20