Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 17:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Nou, daarom, stuur gou en laat Dawid weet: “Moenie oornag by die driwwe van die wildernis nie, maar gaan sekerlik oor; anders sal die koning en al die mense wat by hom is, vernietig word.”

17. Y’honatan en Agima’atz het by `Ein-Rogel gebly en ’n diensmeisie sou gaan om hulle te vertel en hulle moes dan gaan en dit aan koning Dawid vertel, want hulle kon nie gesien word dat hulle die stad binnegaan nie.

18. ’n Jongman het hulle egter gesien en vir Avshalom vertel; hulle twee het haastig vertrek en by die huis van ’n man in Bagurim gekom wat ’n put in sy binnehof gehad het en hulle het daarin afgegaan.

19. Die vrou het ’n bedekking gevat en dit bo-oor die put se opening uitgesprei en graan daarop gestrooi sodat niks sigbaar was nie.

20. Toe kom Avshalom se diensknegte by die vrou by die huis en vra: “Waar is Agima’atz en Y’honatan?” Die vrou sê vir hulle: “Hulle het die stroompie water oorgegaan.” Toe hulle gesoek en niks gekry het nie, het hulle na Yerushalayim teruggegaan.

21. Dit het gebeur nadat hulle weggegaan het dat hulle uit die put uit opgekom en gegaan en aan koning Dawid berig gebring het en hulle het vir Dawid gesê: “Staan op en trek gou deur die water, want so het Agitofel teen julle advies gegee.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 17