Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 14:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yo’av, die seun van Tz’ruyah, het gesien dat die koning se verstand, wil en emosie na Avshalom uitgegaan het.

2. Yo’av het na T’koa gestuur en ’n wyse vrou van daar af laat haal en vir haar gesê: “Hou asseblief voor om een te wees wat rou en trek rouklere aan en moet jouself nie met olie salf nie, maar wees soos ’n vrou wat al baie dae rou oor ’n dooie.

3. Gaan dan na die koning toe en praat so met hom.” Yo’av het die woorde in haar mond gelê.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 14