Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 1:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Dawid roep een van die jongmanne en sê: “Gaan, slaan hom neer!” Hy het hom neergeslaan en hy is dood.

16. Dawid het vir hom gesê: “Jou bloed is op jou kop, want jou mond het teen jou getuig omdat jy sê: “Ek het die gesalfde van יהוה doodgemaak.”

17. Toe het Dawid hierdie klaaglied geneurie oor Sha’ul en sy seun Y’honatan

18. en hy het beveel dat ‘die Lied van die Boog’ vir die seuns van Y’hudah geleer moet word; let op, dit is geskryf in die Boek van Yashar.

19. Jou eer en lof, o Yisra’el, lê dood op jou hoë plekke. Hoe het die helde geval!

20. Moenie daarvan praat in Gat nie; moet dit nie verkondig op die strate van Ashkelon nie, anders sal die dogters van die F’lishtyne hulle verheug, die dogters van die onbesnedenes sal juig!

21. Berge van Gilboa, mag daar op julle geen dou, geen reën en geen velde van offergawes wees nie, want daar is die skild van die magtiges beswadder, die skild van Sha’ul nie met olie gesalf nie!

22. Vanaf die bloed van die gesneuweldes, vanaf die vet van die magtiges het die boog van Y’honatan nie teruggedraai nie en die swaard van Sha’ul het nie leeg teruggekeer nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 1