Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 8:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur aan die einde van die twintig jaar waarin Shlomo die huis van יהוה en die paleis gebou het,

2. dat Shlomo die stede wat Hiram aan hom gegee het, herbou en die seuns van Yisra’el daar laat bly het.

3. Shlomo het na Hamat-Tzovah gegaan, dit aangeval en vernietig.

4. Hy het Tadmor, wat woes gelaat is soos die wildernis, asook al die voorraadstede gebou

5. en vir Beit-Horon-Bo en Beit-Horon-Onder gebou

6. en al die voorraadstede wat Shlomo gehad het, asook al die strydwa-stede en die stede vir die perderuiters. Alles wat Shlomo begeer het om te bou in Yerushalayim en in L’vanon en in die hele land van sy heerskappy, het hy gebou.

7. Al die mense wat oorgebly het van die Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, wat nie van Yisra’el was nie,

8. van hulle seuns wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die seuns van Yisra’el nie uitgewis het nie, dié het Shlomo arbeiders vir homself gemaak sowel as werkers en belastingpligtiges, tot vandag toe,

9. maar van die seuns van Yisra’el het Shlomo geen slawe gemaak in sy koninkryk nie, maar hulle was krygsmanne en bevelvoerders van sy strydwaens en sy perderuiters.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 8