Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 35:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Verder het Yoshiyahu ’n Pesag tot eer van יהוה in Yerushalayim gehou en hy het die fees op die veertiende van die eerste maand gehou.

2. Hy het die priesters hulle take laat doen en hulle aangestel oor die dienslewering van die huis van יהוה.

3. Hy het aan die Leviete gesê wat in die hele Yisra’el bly: “Sonder julle af vir יהוה en sit die afgesonderde ark in die huis wat Shlomo, die seun van Dawid, koning van Yisra’el, gebou het, want julle hoef dit nie meer op julle skouers te dra nie; dien nou יהוה, julle God en Sy volk Yisra’el

4. en berei julle voor volgens julle families, volgens julle afdelings, ooreenkomstig die voorskrif van Dawid, koning van Yisra’el en volgens die skrywes van sy seun, Shlomo

5. en gaan staan in die Afgesonderde Plek volgens die afdelings van die families van julle vaders en julle broers, die volk en volgens die afdelings van die families van die Leviete

6. en slag die Pesag en sonder julle af en berei die verstand, wil en emosie van julle broers voor sodat hulle kan doen volgens die woord van יהוה deur die hand van Moshe.

7. Toe het Yoshiyahu vir die mense skape, lammers en boklammers gegee, alles as Pesagoffers, vir almal wat teenwoordig was, dertig duisend in getal en ook drie duisend beeste; dit was uit die koning se besittings.

8. Ook sy prinse het vrywillig aan die volk, die priesters en die Leviete gegee. Hilkiyahu, Z’kharyah en Yegi’el, leiers oor die huis van יהוה, het as Pesagoffers, twee duisend ses honderd skape en drie honderd jong bulle aan die priesters gegee.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 35