Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 33:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. M’nasheh het Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim laat wegdwaal om bose dade te doen soos die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het.

10. יהוה het met M’nasheh en met Sy volk gepraat, maar hulle het nie geluister nie;

11. daarom het יהוה die bevelvoerders van die leër van die koning van Ashur teen hulle gebring, wat M’nasheh lewendig gevang en hom met kettings geboei en na Bavel gevat het.

12. In sy benoudheid het hy tot יהוה, sy God, gebid en יהוה, God van sy vaders, baie respekvol gevrees.

13. Hy het tot יהוה gebid en Hy het sy stem en gebed gehoor en hom na Yerushalayim in sy koninkryk teruggebring. Toe het M’nasheh geweet dat יהוה God is.

14. Na hierdie dinge het hy ’n buitemuur om die stad van Dawid gebou, vanaf die westekant van die spruit van Gigon tot by die ingang na die Vispoort en het die hele Yerushalayim omring met ’n buitemuur en dit hoog gemaak en hy het bevelvoerders van die leërmag in al die versterkte stede van Y’hudah aangestel.

15. Hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van יהוה verwyder en ook al die altare wat hy op die hoogte van die huis van יהוה en in Yerushalayim gebou het en hulle buitekant die stad gegooi.

16. Hy het die altaar van יהוה weer gebou en brandoffers, vredesoffers en dankoffers daarop gebring en Y’hudah beveel om יהוה, die God van Yisra’el, se feeste te hou

17. en nie weer te offer tot vreemde gode nie of brandoffers aan hulle te bring nie, maar tot יהוה, hulle God, alleen.

18. Die res van die dade van M’nasheh, sy gebed tot sy God en die woorde van die profete wat aangaande hom geprofeteer het in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, die God van Yisra’el, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah;

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 33