Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 33:13-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hy het tot יהוה gebid en Hy het sy stem en gebed gehoor en hom na Yerushalayim in sy koninkryk teruggebring. Toe het M’nasheh geweet dat יהוה God is.

14. Na hierdie dinge het hy ’n buitemuur om die stad van Dawid gebou, vanaf die westekant van die spruit van Gigon tot by die ingang na die Vispoort en het die hele Yerushalayim omring met ’n buitemuur en dit hoog gemaak en hy het bevelvoerders van die leërmag in al die versterkte stede van Y’hudah aangestel.

15. Hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van יהוה verwyder en ook al die altare wat hy op die hoogte van die huis van יהוה en in Yerushalayim gebou het en hulle buitekant die stad gegooi.

16. Hy het die altaar van יהוה weer gebou en brandoffers, vredesoffers en dankoffers daarop gebring en Y’hudah beveel om יהוה, die God van Yisra’el, se feeste te hou

17. en nie weer te offer tot vreemde gode nie of brandoffers aan hulle te bring nie, maar tot יהוה, hulle God, alleen.

18. Die res van die dade van M’nasheh, sy gebed tot sy God en die woorde van die profete wat aangaande hom geprofeteer het in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, die God van Yisra’el, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah;

19. sy gebed ook en hoe יהוה sy gebed gehoor het, ook al sy sondes en oortredings en die plekke waar hy altare gebou en priesters aangestel het en die hoë plekke wat hy vir die afgodsbeelde gebou het, let op, hulle is opgeskryf saam met die woorde van Hoza’i.2 Kon 21:18-26

20. M’nasheh is neergelê by sy vaders en hulle het hom in sy eie huis begrawe, in die tuin. Sy seun Amon het in sy plek regeer.

21. Amon was twee en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het twee jaar lank in Yerushalayim regeer.

22. Hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה, soos sy vader, M’nasheh, gedoen het, want Amon het aan al die beelde en afgode wat sy vader M’nasheh gemaak het, geoffer en hulle gedien.

23. Hy het hom nie verneder voor יהוה, sy God, soos sy vader M’nasheh hom verneder het voor יהוה, sy God, nie, maar Amon het meer en meer sonde gedoen.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 33