Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:32-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Die getal van die brandoffers wat die mense gebring het, was sewentig beeste, ’n honderd ramme en twee honderd lammers; dit alles was as ’n brandoffer aan יהוה.

33. Die afgesonderde dinge was ses honderd beeste en drie duisend skape.

34. Die priesters was te min sodat hulle nie al die brandoffers kon slag nie; daarom het hulle broers, die Leviete, hulle gehelp totdat die werk voltooi is. Na dit het die priesters hulself afgesonder, want die Leviete was nederig en het hulself meer afgesonder as die priesters.

35. Ook die brandoffers was in oorvloed, saam met die vet van die vredesoffers en van die lammers vir die brandoffers. So was die diens van die huis van יהוה weer in orde.

36. Hizkiyahu en die hele volk van Yisra’el het hulle verheug omdat die diens van die tempel bereik is, want dit is gou gedoen.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29