Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:3-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. In die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, het hy die deure van die huis van יהוה oopgemaak en dit herstel.

4. Hy het die priesters en die Leviete laat inkom en hulle bymekaar laat kom in die oopte na die ooste

5. en vir hulle gesê: “Luister na my, Leviete! Sonder julle nou af en sonder die huis van יהוה, die God van julle vaders, af en verwyder julle bose werke uit julle gedagtes

6. sodat ons nie mag doen wat ons vaders gedoen het nie, want hulle het boos gedoen in die oë van יהוה, ons God en hulle het Hom verlaat en hulle gesigte weggedraai van die blyplek van יהוה en hulle rug gedraai.

7. Hulle het ook die deure van die stoepe toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen wierook gebrand of brandoffers geoffer op die altaar van die God van Yisra’el nie;

8. daarom het die woede van יהוה oor Y’hudah en Yerushalayim gekom en Hy het hulle oorgegee aan ’n vloek, verlatenheid en die swaard, soos wat julle met jul eie oë sien.

9. Let op, ons vaders het deur die swaard geval en ons seuns, ons dogters en ons vroue is in gevangeskap.

10. Nou, omdat ons afgedwaal het daarvan om יהוה, ons God, te volg en die verbond verlaat het wat Hy met ons vaders gesluit het, daarom het Hy ons ook verlaat.

11. My seuns, moenie nou nalatig wees nie, want יהוה het julle gekies om voor Hom te staan, om Hom te dien, tot Hom te bedien en wierook te laat brand.”

12. Toe het die Leviete opgestaan: Magat, die seun van `Amasai, Yo’el, die seun van `Azaryahu, uit die seuns van die K’hatiete; uit die seuns van M’rari: Kish, die seun van `Avdi en `Azaryahu, die seun van Yehallel’el; uit die Gershuniete: Yo’ag, die seun van Zimmah en `Eden, die seun van Yo’ag;

13. uit die seuns van Elitzafan: Shimri en Ye’i’el; uit die seuns van Asaf: Z’kharyah en Mattanyahu;

14. uit die seuns van Heman: Yegi’el en Shim’i; uit die seuns van Y’dutun: Sh’ma’yah en `Uzi’el.

15. Hulle het hul broers bymekaargemaak en hulself afgesonder en gekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van יהוה, die huis van יהוה te reinig.

16. Die priesters het binne-in die binneste deel van die huis van יהוה ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van יהוה gevind het, uitgebring in die oopte van die huis van יהוה en die Leviete het dit gevat om dit uit te bring na buite, na die Kidronspruit.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29