Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hizkiyahu het begin heers toe hy vyf en twintig jaar oud was en nege en twintig jaar in Yerushalayim regeer. Sy moeder se naam was Aviyah, die dogter van Z’kharyah.

2. Hy het dit gedoen wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, Dawid, gedoen het.

3. In die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, het hy die deure van die huis van יהוה oopgemaak en dit herstel.

4. Hy het die priesters en die Leviete laat inkom en hulle bymekaar laat kom in die oopte na die ooste

5. en vir hulle gesê: “Luister na my, Leviete! Sonder julle nou af en sonder die huis van יהוה, die God van julle vaders, af en verwyder julle bose werke uit julle gedagtes

6. sodat ons nie mag doen wat ons vaders gedoen het nie, want hulle het boos gedoen in die oë van יהוה, ons God en hulle het Hom verlaat en hulle gesigte weggedraai van die blyplek van יהוה en hulle rug gedraai.

7. Hulle het ook die deure van die stoepe toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen wierook gebrand of brandoffers geoffer op die altaar van die God van Yisra’el nie;

8. daarom het die woede van יהוה oor Y’hudah en Yerushalayim gekom en Hy het hulle oorgegee aan ’n vloek, verlatenheid en die swaard, soos wat julle met jul eie oë sien.

9. Let op, ons vaders het deur die swaard geval en ons seuns, ons dogters en ons vroue is in gevangeskap.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29