Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 28:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. In daardie tyd het koning Agaz die koning van Ashur gevra om hom te help,

17. want in hierdie tyd het die Edomiete gekom en Y’hudah verslaan en gevangenes weggevoer.

18. Ook die F’lishtyne het gekom en die stede van die Laeveld en die Suidland van Y’hudah beleër en hulle het Beit-Shemesh, Ayalon, G’derot, Sokho, met sy dorpies, Timnah met sy dorpies en Gimzo met sy dorpies, verower,

19. want יהוה het Y’hudah verneder ter wille van die sondes van Agaz, die koning van Y’hudah omdat hy wetteloosheid in Y’hudah bevorder en ernstig teen יהוה oortree het.

20. Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, het hom aangeval en teen hom gekamp en hom baie ontstel.

21. Agaz het die voorwerpe uit die huis van יהוה en uit die huise van vorige konings en uit die huise van ryk manne weggevat en dit aan die koning van Ashur gegee sodat hy hom nie kwaad sou aandoen in sy tyd van benoudheid nie.

22. Dieselfde koning Agaz het egter nog meer teen יהוה oortree:

23. hy het geoffer aan die gode van Dammesek en gesê: “Julle is my gode en my meesters; aan julle sal ek aanbidding aanbied en offers bring.” Hy was dus ’n struikelblok vir Y’hudah; hy het gesondig en al die mense van Y’hudah laat sondig.

24. Agaz het al die gereedskap van die huis van יהוה bymekaargebring en die gereedskap van die huis van יהוה in stukke gebreek en die binne en buite deure van die huis van יהוה toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Yerushalayim.

25. In elke dorpie en gehuggie van Y’hudah het hy ’n altaar opgerig om ander gode te dien.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 28