Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 28:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle het toe al die gevangenes teruggestuur na Yerushalayim, maar het weer bedrieglik teenoor יהוה opgetree.

15. Die manne wat volgens naam aangewys is, het opgestaan en die gevangenes gevat en almal wat kaal was uit die buit aangetrek, vir hulle klere gegee en skoene en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat swak was, op donkies vervoer en hulle tot by Yerigo, die Palmstad, na hul broers gebring; toe het hulle na Shomron teruggegaan.

16. In daardie tyd het koning Agaz die koning van Ashur gevra om hom te help,

17. want in hierdie tyd het die Edomiete gekom en Y’hudah verslaan en gevangenes weggevoer.

18. Ook die F’lishtyne het gekom en die stede van die Laeveld en die Suidland van Y’hudah beleër en hulle het Beit-Shemesh, Ayalon, G’derot, Sokho, met sy dorpies, Timnah met sy dorpies en Gimzo met sy dorpies, verower,

19. want יהוה het Y’hudah verneder ter wille van die sondes van Agaz, die koning van Y’hudah omdat hy wetteloosheid in Y’hudah bevorder en ernstig teen יהוה oortree het.

20. Tilgat-Piln’eser, koning van Ashur, het hom aangeval en teen hom gekamp en hom baie ontstel.

21. Agaz het die voorwerpe uit die huis van יהוה en uit die huise van vorige konings en uit die huise van ryk manne weggevat en dit aan die koning van Ashur gegee sodat hy hom nie kwaad sou aandoen in sy tyd van benoudheid nie.

22. Dieselfde koning Agaz het egter nog meer teen יהוה oortree:

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 28