Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 25:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Amatzyahu was vyf en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het nege en twintig jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Y’ho’addan, van Yerushalayim.

2. Hy het gedoen wat reg was in die oë van יהוה, maar nie met ’n volmaakte verstand, wil en emosie nie.

3. Dit het gebeur toe die koninkryk stewig in sy hand was dat hy sy diensknegte, wat sy vader, die koning, vermoor het, doodgemaak het,Deut 24:16

4. maar nie hulle kinders nie, want so is dit geskryf in die boek van die wet van Moshe, waar יהוה dit beveel het: “Die vaders moenie vir die kinders sterf en die kinders moenie vir die vaders sterf nie, maar elke man sal sterf vir sy eie sonde.”

5. Amatzyahu het Y’hudah bymekaar laat kom en bevelvoerders oor ’n duisend en bevelvoerders oor ’n honderd oor hulle aangestel, volgens die huise van hulle vaders, regdeur die hele Y’hudah en Binyamin. Hy het hulle getel van twintig jaar oud en daarbo en gevind dat hulle drie honderd duisend jongmanne was, wat swaard en skild kon hanteer, in staat om te gaan oorlog maak.

6. Hy het ook ’n honderd duisend dapper magtige manne uit Yisra’el vir ’n honderd talente silwer gehuur.

7. Daar het egter ’n profeet van God na hom toe gekom en gesê: “O koning, laat die hele leër van Yisra’el nie saam met u gaan nie, want יהוה is nie by Yisra’el, of by die hele huis van Efrayim nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 25