Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 24:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. `Atalyah het boosheid onderrig en die huis van God opgebreek en wat ook al die afgesonderde voorwerpe wat in die huis van יהוה was, vir die aanbidding van afgode gebruik.

8. Op bevel van die koning het hulle ’n kis gemaak en dit buitekant die poort van die huis van יהוה neergesit.

9. Hulle het uitgeroep in Y’hudah en in Yerushalayim om aan יהוה die deel wat Moshe, die dienskneg van God, op Yisra’el in die woestyn gelê het, te bring.

10. Al die prinse en die hele volk het hulle verheug en geskenke ingebring, die kis op sy plek gesit en ingegooi totdat dit vol was.

11. Wanneer hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die koning se skrywer en die opsigter van die hoofpriester se huis gekom en die geld getel en in sakke gesit.

12. Hulle het dit aan hulle gegee wat die werk van die diens van die huis van יהוה doen en het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van יהוה te herstel, asook yster- en kopersmede om die huis van יהוה te herstel.

13. Die werkers het gewerk en die werk vervolmaak sodat die huis van God herstel is en hulle het dit versterk.

14. Toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Y’hoyadah gebring, waarvan houers gemaak is vir die huis van יהוה, houers om te dien en te offer en lepels en goue en silwer voorwerpe. Hulle het voortdurend brandoffers gebring in die huis van יהוה al die dae van Y’hoyadah.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 24