Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 24:24-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Alhoewel die leër van Aram met ’n klein aantal manne gekom het, het יהוה ’n baie groot leër in hulle hand gegee omdat hulle יהוה, die God van hulle vaders, verlaat het. Dit wat Yo’ash gedoen het is veroordeel deur die regters.

25. Toe hulle van hom af weggegaan het, want hulle het hom in ’n ernstige siektetoestand verlaat, het sy diensknegte ’n sameswering teen hom gesmee vanweë die bloed van die seun van Y’hoyadah, die priester en hulle het hom op sy bed vermoor en hy is dood. Hy is begrawe in die stad van Dawid, sy vader, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

26. Hierdie is die name van hulle wat teen hom saamgesweer het: Yozakhar, die seun van Shim’at, die `Ammoniet en Y’hozavad, die seun van Shomer, die Mo’aviet,

27. asook sy seuns en baie ander het teen hom saamgesweer. Die res van die sondes wat hy gepleeg het in die huis van יהוה, let op, dit is opgeskryf in die Gedigte van die Boek van die konings. Amatzyahu het in sy plek geheers.2 Kon 12:22; 2 Kon 14:1-20

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 24