Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 24:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yo’ash was sewe jaar oud toe hy begin heers het en hy het veertig jaar lank in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Tzivyah, uit die stad Be’er Sh’va.

2. Yo’ash het dit gedoen wat reg was in die oë van יהוה, al die dae van die priester Y’hoyadah.

3. Y’hoyadah, die priester, het vir hom twee vroue geneem en hy het die vader geword van seuns en dogters.

4. Dit het gebeur na hierdie dinge dat Y’hoyadah in die geheim, saam met Yo’ash, besluit het om die huis van יהוה te herstel en alles wat in dit nodig was.

5. Y’hoyadah, die priester, het al die priesters en die Leviete bymekaargemaak en vir hulle gesê: “Gaan uit na die stede van Y’hudah en versamel silwer en goud uit die hele Yisra’el om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel en júlle moet gou maak met die saak!

6. Die koning het die hoofpriester, Y’hoyadah, geroep en vir hom gesê: “Waarom het jy nie vereis dat die Leviete uit Y’hudah en uit Yerushalayim die belasting, wat Moshe, die kneg van יהוה, voorgeskryf het, inbring nie en die vergadering van Yisra’el vir die Fees van Sukkot oproep nie?”

7. `Atalyah het boosheid onderrig en die huis van God opgebreek en wat ook al die afgesonderde voorwerpe wat in die huis van יהוה was, vir die aanbidding van afgode gebruik.

8. Op bevel van die koning het hulle ’n kis gemaak en dit buitekant die poort van die huis van יהוה neergesit.

9. Hulle het uitgeroep in Y’hudah en in Yerushalayim om aan יהוה die deel wat Moshe, die dienskneg van God, op Yisra’el in die woestyn gelê het, te bring.

10. Al die prinse en die hele volk het hulle verheug en geskenke ingebring, die kis op sy plek gesit en ingegooi totdat dit vol was.

11. Wanneer hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die koning se skrywer en die opsigter van die hoofpriester se huis gekom en die geld getel en in sakke gesit.

12. Hulle het dit aan hulle gegee wat die werk van die diens van die huis van יהוה doen en het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van יהוה te herstel, asook yster- en kopersmede om die huis van יהוה te herstel.

13. Die werkers het gewerk en die werk vervolmaak sodat die huis van God herstel is en hulle het dit versterk.

14. Toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Y’hoyadah gebring, waarvan houers gemaak is vir die huis van יהוה, houers om te dien en te offer en lepels en goue en silwer voorwerpe. Hulle het voortdurend brandoffers gebring in die huis van יהוה al die dae van Y’hoyadah.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 24