Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:33-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Nogtans is die altare op die hoë plekke nie verwyder nie, want tot nou toe het die volk nog nie hulle verstand, wil en emosie op die God van hulle vaders gerig nie.

34. Die res van die dade van Y’hoshafat, die vroeëre en die latere, let op, hulle is opgeskryf in die ‘Gesegdes van Yehu,’ die seun van Hanani, wat geskryf is in die Boekrol van die konings van Yisra’el.

35. Hierna het Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, hom verbind met Agazyah, koning van Yisra’el, wat baie boos gedoen het, meer as al die konings van Yisra’el.

36. Hy het homself aan hom verbind om skepe van Tarshish te bou en te vaar. Hulle het die skepe gebou in `Etzyon-Gever.

37. Toe het Eli’ezer, die seun van Y’hoshafat se oom, in die stad van Mareshah, teen Y’hoshafat geprofeteer en gesê: “As gevolg van u bondgenootskap met `Agazyah, het יהוה al u werke frustreer en die skepe is beskadig en was nie in staat om na Tarshish te vaar nie.”2 Kon 8:16-24

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20