Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 2:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. let op, ek bou ’n huis vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, my God, om dit tot Hom af te sonder, om soet wierook voor Hom te brand, om ’n lamp voortdurend voor Hom te laat brand en om brandoffers, oggend en aand, op die Shabbat en Nuwemane, op die vasgestelde feeste van יהוה, ons God, te bring. Dit is ’n ewige instelling vir Yisra’el.

5. Die huis wat ek gaan bou, sal groot wees, want ons God is groter as al die konings,

6. maar wie is in staat om vir Hom ’n huis te bou aangesien die hemel en die hoogste hemele Hom nie kan bevat nie? Wie is ek dan, dat ek vir Hom ’n huis kan bou, of om voor Hom soet wierook te brand?

7. Stuur dan nou vir my ’n bekwame man om met goud, silwer, koper, yster, purper, fyn linne en bloedrooi en blou stowwe te werk en wat bekwaam is om te graveer, saam met die bekwame manne wat by my in Y’hudah en Yerushalayim is, wat my vader, Dawid, voorsien het.

8. Stuur ook vir my seder-, sipres- en sandelhout vanuit die L’vanon, want ek weet dat u diensknegte weet hoe om die seders van L’vanon te kap en let op, my diensknegte sal saam met u diensknegte wees

9. en vir my hout in oorvloed bring, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.

10. Ek sal skrynwerkers, wat bekwaam is in houtwerk, voorsien en kos vir u diensknegte, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.”

11. Hiram, koning van Tzor, het Shlomo in ’n brief geantwoord en gesê: “Omdat יהוה sy volk liefhet, het Hy u koning oor hulle gemaak.”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 2