Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Saam met hulle was die Leviete: Sh’ma’yahu, N’tanyahu, Z’vadyahu, `Asah’el, Sh’miramot, Y’honatan, Adoniyahu, Tuviyahu en Tov-Adoniyah en saam met hulle Elishama en Y’horam, die priesters.

9. Hulle het in die hele land van Y’hudah onderrig gegee met die boek van die wet van יהוה by hulle en in al die stede van Y’hudah rondgegaan en die volk onderrig.

10. Die respekvolle vrees vir יהוה het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Y’hudah was sodat hulle nie teen Y’hoshafat oorlog gevoer het nie.

11. Van die stede van die F’lishtyne het vir Y’hoshafat geskenke, silwer en belasting gebring; die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokramme, jaarliks.

12. Y’hoshafat het uitermate ryk geword en in Y’hudah kastele en voorraadstede gebou.

13. Hy het baie besighede gehad in die stede van Y’hudah en krygsmanne, dapper magtige manne, was in Yerushalayim.

14. Dit is hulle getalle, volgens die vaders van hulle huise: van Y’hudah, die bevelvoerders oor ’n duisend: die bevelvoerder, `Adnah en saam met hom drie honderd duisend dapper, magtige manne;

15. volgende was die bevelvoerder, Y’hoganan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend dapper manne;

16. volgende was `Amasyah, die seun van Zikhri, waarmee יהוה tevrede was en saam met hom twee honderd duisend dapper manne;

17. uit Binyamin was Elyada, ’n dapper magtige man en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;

18. volgende was Y’hozavad en saam met hom honderd en tagtig duisend, gereed vir oorlog.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17